Rand Agri, `n leier in die graanbedryf vir bykans 22 jaar, het die volgende vakante posisie, gebaseer in Middelburg, Mpumalanga, beskikbaar vir `n dinamiese en energieke dame:
Posbeskrywing
Postitel: Logistieke Administrateur
Posspesifikasie
Kwalifikasie: Matrieksertifikaat
'n Naskoolse kwalifikasie sal voordelig wees.
Vaardighede:
• 5 Jaar ondervinding in ‘n adminsistratiewe rol
• Afrikaanssprekend
• Goeie kommunikasie, menseverhoudings en interpersoonlikevaardighede
• Bekwaamheid om groot hoeveelhede data en veranderlikes te bestuur
• Sterk finansiële en numeriese vermoëns
• Effektiewe tydsbestuur vermoë
• Vermoë om tyd goed te bestuur en take te prioritiseer
• Rekenaarvaardig, met baie goeie kennis van MS-Excel
Voltooi asseblief die onderstaande vorm en laai u CV in PDF formaat.
Indien u nie binne twee weke van u aansoek ‘n kommunikasie vanaf Rand Agri ontvang het nie, kan u die aansoek as onsuksesvol beskou.
Job Features
Job Category | Administration |