Full-Time
Middelburg
Posted 4 weeks ago

 

Rand Agri  het ‘n pos beskikbaar vir ‘n energieke en doeltreffende Logistieke Koördineerder, gebaseer in Middelburg, Mpumalanga.

 

Die ideale kandidaat moet aan die volgende kriteria voldoen:

  • Minimum 3 jaar ondervinding in die vervoer/logistieke veld.
  • Uitstekende kommunikasievaardighede
  • Uitstekende beplanningsvaardighede en moet in staat wees om te administreer (uit te voer soos beplan)
  • Uitstekende probleemoplossingsvaardighede
  • Oorgrens vervoer ervaring
  • ‘n Groot netwerk van vervoerders wat benut kan word
  • Vlot in Engels en Afrikaans
  • In staat om lang ure en onder druk te werk
  • Sperdatum georiënteerd
  • ‘n Tersiêre kwalifikasie sal voordelig wees

Hooftake en verantwoordelikhede sal die volgende insluit:

  • Beplan en koördineer daagliks vragmotors om afleweringskontrakte uit te voer
  • Bespreking van vragmotors met laai- en aflaaipunte
  • Beplanning van voorraadbeskikbaarheid en laaigleuwe
  • Reël oorgrens inspeksies, sertifisering en klaringsfakture
  • Bou langtermyn verhoudings met vervoerders, kliënte en verskaffers
  • Inlees van vraginligting in Agris/Excel om geen onder- of oorlewerings te verseker

 

Voltooi asseblief die onderstaande vorm en laai u CV in PDF formaat.

 

Indien u nie binne twee weke van u aansoek ‘n kommunikasie vanaf Rand Agri ontvang het nie, kan u die aansoek as onsuksesvol beskou.

Job Features

Job CategoryLogistics

Apply Online

A valid email address is required.
By |2021-12-22T10:29:36+02:00December 22nd, 2021|