Full-Time
Pretoria
Posted 4 weeks ago
Rand Agri het ‘n pos beskikbaar vir ‘n energieke en doeltreffende Junior Logistieke Koördineerder, gebaseer in Pretoria.
Die ideale kandidaat moet aan die volgende kriteria voldoen:
- Uitstekende kommunikasievaardighede
- Uitstekende beplanningsvaardighede en moet in staat wees om te administreer (uit te voer soos beplan)
- Uitstekende probleemoplossingsvaardighede
- Oorgrens vervoer ervaring sal voordelig wees
- Goeie MS-Excel en Outlook kennis
- ‘n Netwerk van vervoerders sal voordelig wees
- In staat om lang ure en onder druk te werk
- Sperdatum georiënteerd
- ‘n Tersiêre kwalifikasie sal voordelig wees
Hooftake en verantwoordelikhede sal die volgende insluit:
- Beplan en koördineer daagliks vragmotors om afleweringskontrakte uit te voer
- Bespreking van vragmotors met laai- en aflaaipunte
- Beplanning van voorraadbeskikbaarheid en laaigleuwe
- Reël oorgrens inspeksies, sertifisering en klaringsfakture
- Bou langtermyn verhoudings met vervoerders, kliënte en verskaffers
- Inlees van vraginligting in Agris/Excel om geen onder- of oorlewerings te verseker
Voltooi asseblief die onderstaande vorm en laai u CV in PDF formaat.
Indien u nie binne twee weke van u aansoek ‘n kommunikasie vanaf Rand Agri ontvang het nie, kan u die aansoek as onsuksesvol beskou.
Job Features
| Job Category | Logistics |